..

Gelukkige 8ste herdenking Joomla!

Vandag vier ons die 8ste herdenking van die 1ste vrystelling van die Joomla! CMS

In 2005, het 'n gemeenskap van sagteware-ontwikkelaars en gebruikers, van regoor die wêreld, besluit om standpunt in te neem, saam te staan, en beheer te neem oor hul eie lot.

Dit het gelei tot die geboorte van 'n nuwe sagteware-projek, wat sy naam aangekondig het op die 1ste September: Joomla!

Oor die dae van die 15, 16 en 17de (afhangende van jou tydsone), is Joomla! 1.0.0 bekendgestel, en vrygestel.

---------------- 1.0.0 Released -- [17-Sep-2005 00:30 UTC] ------------------

Oor die jare het die Joomla! gemeenskap gegroei en uitgebrei, tot:

  • 45 miljoen van al die weergawes van die Joomla! CMS tot op datum afgelaai (downloads);
  • 2,8 miljoen boodskappe in 675,000 onderwerpe deur 619,914 geregistreerde Forum lede;
  • twee verskillende weergawes (reekse) van die CMS beskikbaar is op enige gegewe tyd, sowel as die Joomla! Framework ;
  • 67 geakkrediteerde vertalings van die CMS;
  • 6,995 Extensions vir Joomla! 2.5 en 3.x op die Joomla! Extensions Directory ;
  • die 13de mees forked PHP repo op GitHub, met 858 aktiewe forks;
  • byna 1,000 foute reggestel in die afgelope jaar;
  • meer as 160 geregistreerde Joomla! Gebruikers groepe ;
  • 29 internasionale gemeenskap-georganiseerde JoomlaDay konferensies oor die afgelope 12 maande;
  • die 4de internasionale Jandbeyond konferensie, en ons eerste Joomla! Wêreld Konferensie ,
  • en die Joomla! Community Magazine, nou in Engels sowel as Spaanse uitgawes.

Dankie

Baie dankie aan die honderde vrywilligers in verskeie spanne soos die Forum Moderators, die Joomla! Bugsquad lede, UX span , dokumentasie , Bemarking & PR, Social Media , handelsmerk, konferensies, en die duisende wat in hul plaaslike Joomla Gebruikers Groepe (JUG) betrokke is, die wat hepl met vertalingskern en uitbreiding vertalings, plaaslike forums en JoomlaDay konferensies.

Joomla! sou nie wees waar dit vandag is, as dit nie was vir die voortgesette en entoesiastiese ondersteuning van ons wêreld-wye gemeenskap, en vir die vrye en oop bron-kode (open source code) waarop die CMS en raamwerk (Framework) gebou is.

Viering

Ons nooi jou uit die 8ste herdenking van die Joomla! CMS te vier, by jou volgende JUG vergadering, of deur by een van die Software Freedom Day vieringe op Saterdag, die 21ste van September, waar jy  sagteware vryheid kan vier, saam met ander in die vry en open source sagteware (FOSS) gemeenskap.

Vertaal uit Engels: http://community.joomla.org/blogs/leadership/1771-happy-8th-anniversary-joomla.htm
grafieka @Helvecio

About Joomla!Day

JoomlaDay™ in South Africa has been running since 2007, with the 11th event being organised in 2015. The event has been held in Cape Town, Durban & Johannesburg. read more...

[email protected]